DUNAMIS BEDIENINGE 
Hand 1:8 ..julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom. 
 
Welkom by Dunamis Bediening se nuwe webwerf. As jy gretig is of hunker na die Woord van God en wil leer uit die handboek van die lewe is hierdie die regte plek vir jou.
U is welkom om gebeds versoeke aan ons te stuur of as u vrae het of iets nie verstaan nie. Ons is betrokke by verskeie bedieninge en maatskaplike bydraes aan die gemeenskap word tans gemaak.
Hou die webwerf dop vir geleenthede hoe u bydraes kan maak. Daar sal gereelde boodskappe hier verskyn so besoek gereeld. Groete en Liefde in Jesus.
3Jo 1:2 Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;
Tuis
Print this pageAdd to Favorite
Login



KEN JY?

Jesus, die enigste Seun van God as jou persoonlike saligmaker en verlosser. As jy Hom nie aangeneem het as jou velosser nie, kom ons doen dit nou.! Bid asb die volgende gebed, Vader, ek weet dat ek 'n sondaar is en dat ek my self nie kan red nie. Ek wil u vra, Here Jesus, kom woon in my hart, was dit skoon en maak my 'n kind van U, en skryf my naam in die boek van die ewige lewe, sodat ek vir ewig kan lewe. Ek erken vandag dat Jesus die enigste weg is na die ewige lewe. Dankie daarvoor dat ek van hierdie oomblik af U kind is, in die naam van Jesus. As u hiedie gebed gebid het, het u lewe vandag verander. U gaan hê, maar is welkom om my te kontak sodat ons u kan help. Laat weet ons asb. as u hiedie gebed gebid het, sodat ons vir u kan bid, u gaan dit baie nodig hê.
 

HY KAN NIE VERBORGE BLY NIE

As Jesus werklik in jou lewe in kom, kan dit nie verborge bly nie. Die bure, kennisse en familie sal gou sien dat Jesus in daar in jou teenwoordig is. Die geurige blomme en die pragtige vrugte wat jy nou dra kan nie weggesteek word nie. Net so is daar 'n welreikende geur aan Jesus verbonde wat Sy teenwoordigheid sal verraai.
 
Newsletter


Action:

AS JY KAN GLO......

Mat 8:5 En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ‘n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom :6 en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. :7 Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak. :8 En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word. :9 Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit. :10 Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie. :11 Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele. :12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. :13 Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur.

In hierdie gedeelte het ons te doen met onvoorwaardelike geloof. Hierdie man het gehoor dat Jesus wonderwerke doen. Hierdie man het geweet as Jesus in Kapernaum kom, sal Jesus sy kneg kan genees.

Hoe dikwels beland ons nie ook in omstandighede wat vir ons onmoontlik lyk nie. Moontlik is u baie siek of is u huwelik op die rotse, moontlik is u in 'n baie groot finasieële krisis. Dit lyk moontlik vir u asof daar geen uitweg is nie.

Hiedie man se kneg was verlam en het groot pyn gehad, tog het hy geweet as Jesus net die woord spreek sal die kneg gesond word. Sy geloof was baie groot, want hy het geweet dat afstand niks is vir Jesus nie. Die wonderwerk sou kon plaasvind al was Jesus nie eers daar om die man aan te raak nie.

U sien ons geloof moet ook so wees. Ons moet glo in die dinge wat nie bestaan asof dit alreeds bestaan. Ons moet dit al sien asof dit reeds plaasgevind het. Ons moet praat asof dit reeds gebeur het. Die woord leer ons tog baie duidelik dat," Lewe en dood lê in die mag van die tong". Soos ons spreek so sal dit wees. Dit wat ons uitspreek sal gebeur. Ek glo nie u besef die geweldige krag wat daar in woorde lê wat met geloof gespreek word nie.

Kom ons begin glo dat die dinge wat onmoontlik is vir mense, wel moontlik is by God. Begin Hom vertrou en kom ons sê al dankie dat dit alreeds gebeur het. Kom ons wees bly oor die beproewing op ons pad so kan ons geestelik tot volwassenheid groei.

Mar 9:23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref—as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. :24 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!

 1KOR. 3:2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,

Die woord van God is soos voedsel vir die wedergebore kind van God. Dit is soos melk vir die jong kindjie en soos vaste spyse vir die volwassene. Dit is beslis so, dat sonder voedsel sal die liggaam kwyn en sterwe. Daarom kan niemand verwag om in die geestelike lewe te volhard en te groei as hy die Woord van God verwaarloos nie.

Heb 5:12 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.

Ons hou Sondae om 09h00 dienste te Canaan Gemeente Byenespoort.

Ons nooi u hartlik uit om ons dienste by te woon.